Vinknes Voorskool Fairland
Welkom
Vinknes
Geriewe
Skoolure
Dagprogram
Aktiwiteite
Skoolgereedheid
Kostes
Aansoekvorms
Kontak Ons
Voorskool Fairland (Die Vinknes) spog met 5 klasse. Die klasse word klein gehou en die maksimum aantal leerders in 'n klas is 25. Klaslokale is funksioneel ingerig met 'n verskeidenheid hulpmiddels en aparaat.

Die opvoeders is almal baie bekwaam en skep vir die kleuters 'n geborge atmosfeer waarin hulle kan speel en leer. Gr R vorm deel van die grondslagfase en dus is daar altyd 'n skakeling met die gr.1-opvoeders. Die toelatingsouderdom is 5 jaar.

Ondersteuning word gegee aan kleuters met probleemareas. Assessering kan gedoen word deur 'n opvoedkundige sielkundige of arbeids- en spraakterapeut. Indien terapie aanbeveel word, vind dit tydens skoolure plaas.


© 2009 - 2012 Laerskool Fairland. Alle Regte Voorbehou. Ontwerp deur Web Mechanix