|
|
Motoriese Ontwikkeling
- Lateralitiet - onderskeid tussen links en regs
- Kan kleuter homself aan- en uittrek, knope los- en vasmaak
- Is kleuter lomp, struikel / val en of stamp voorwerpe om
- Is potloodgreep al gevestig
- Uitsny van voorwerpe - goeie vingerbeheer
- Grootmotoriese bewegings soos hardloop, huppel, spring, handeklap ens.
- Kan kleuter sy regteroor met sy linkerhand raak
Sosiale Ontwikkeling
- Interaksie tussen maats en volwassenes
- Mededeelsaamheid
Emosionele Ontwikkeling
Kan kleuter:
- Skei van ouer - huil hy nog maklik
- Waag in onbekende situasie
- Take in gegewe tyd voltooi
- Deelneem aan klasgesprekke en aktiwiteite
- Onafhanklik werk
- Werklikheid van fantasie onderskei
Taalontwikkeing
- Kan kleuter duidelik en in volledige sinne praat
- Ruil kleuter sekere klanke om, of is sekere klanke onduidelik
- Maak kleuter nog gebruik van babataal
Algemene Ontwikkeling
Weet kleuter hoe oud hy is en wanneer hy verjaar.
Ken kleuter:
- Dae van die week
- Maande van die jaar
- Seisoene
Kan kleuter:
- Konsentreer vir verlangde tyd
- Twee of meer opdragte uitvoer
Ruimtelike - en tydoriëntasie
Kan kleuter:
- Liggaamsdele benoem
- Posisie in ruimte uitwys (bo, onder, langs, voor, agter)
- Onderskeid tref tussen tyd ( gister, vandag, more)
- Middellynkruising bemeester
Visuele Persepsie
Kan kleuter:
- Legkaart bou van 20 - 50 stukke
- Voorwerpe / syfers onthou (3 - 5)
Fisiese gesteldheid
Fisiese gebreke tov. gehoor, sig, diabetes, asma ens.
|