|
||||||||||
|
|
||||||||||
![]() |
![]() |
|||||||||
|
FONSINSAMELING PROJEKTE Jaarlikse Golfdag op 17 Mei: HUISSPORT - GEBRUIKTE SPORTTOERUSTING Gedurende die huissport atletiekbyeenkoms in Januarie het VVF heelwat bruikbare sportitems soos krieketkolwe, beenskutte, krieketballe, tennisrakette, hokkiestokke, rugbytruie, rugbyballe, ens. ingesamel. VVF gaan hierdie skenkings gebruik vir maats wat dit kan benut. Die sportbyeenkoms is ook as platvorm gebruik om VVF aan die skool, leerders en ouers bekend te stel. Donateurs en vrywilligers het reeds op hierdie vroeë stadium hul name neergesit by die VVF talletjie, om betrokke te raak by hierdie ernstige saak. BARNYARD BEKENDSTELLING - 23 FEBRUARIE 2011 Die amptelike bekendstelling van Vriende van Fairland tydens "The Big Five" vertoning by die Cresta Barnyard teater was 'n groot sukses. Ongeveer 350 VIP gaste het die aand bygewoon en geluister na Willie Lategan (VVF voorsitter) se bekendstellingsrede. MAAR ons het ook die musiek geniet, veral "Tina Turner" was 'n groot treffer, vra maar vir Mnr Badenhorst! VVF het heelwat finansiële bydreas en beloftes ontvang, asook navrae oor hoe om betrokke te raak by hierdie ernstige saak. Baie dankie aan elkeen. OMGEE WEEK - 9 - 13 MEI Vriende van Fairland het n spens begin om,waar ons kan,behoeftige families by die skool te help met maandelikse kruideniersware. Tydens die week het ons leerders gevra om vrywillig te help om die spens te vul.Sodoende kan ons n verskil maak in ander se lewens. Enige voorraad wat ongebruik is aan die einde van die jaar word geskenk aan n behoeftige skool of aan n liefdadigheidsorganisasie. n Lys van noodsaaklike kruideniersware is opgestel en verdeel in graad verband,sodat ons nie n oorvloed van n sekere item ontvang het nie.Dit het baie goed gewerk. Ons het kruideniersware ter waarde van R15000.00 ingesamel. Baie dankie aan Louise Mouton wat die projek gekoordineer het. MANNEONTBYT MET BLOU WILLEM EN ANDRE VENTER Daar is lekker rugby gesels en grappe vertel. Ons het ook die ernstige kant van Andre Venter se getuienis beleef met waardevolle lewenslesse. Daar was ook drie ander oud Springbokke in die gehoor by name Wahl Bartman, Chris Dirks, Japie Mulder en Dave Fredericksen. Die 20 tafels met meer as 200 gaste is binne enkele dae opgeraap. Daar is op die koop toe ongeveer 500 lootjies verkoop tydens die funksie. Die reaksie van die borge en gaste het alle vewagtinge oortref, soveel so dat VVF besluit het om dit 'n jaarlikse instelling te maak. Die fondse ingesamel met hierdie funksie het die begroting ver oortref. Hierdie hupstoot sal VVF in staat stel om 'n nog groter positiewe verskil in die lewens van Laerskool Fairland se leerders en gesinne te maak. 'n Groot dankie aan elkeen van ons borge en aan Corne le Grange en haar span van mammas wat hierdie oggend so 'n groot sukses gemaak het. |
||||||||||