tuisblad wat is ons? dienslewering projekte hoe help ek? fonsinsameling sukses stories kontak ons nuusbrief
DIENSLEWERING PROJEKTE

Die volgende projekte het reeds afgeskop:
Die YUMMY Projek:

Doel
Yummy verskaf op 'n daaglikse basis broodjies en kosblikke aan leerders waar daar 'n behoefte bepaal is. Ons doen dit op verskillende maniere aaangesien dit vir ons belangrik is dat ons nie net 'n fisiese behoefte aanspreek nie, maar ook die leerder se menswaardigheid en indentiteit beskerm.

Die broodjies en kosblikke word daagliks op die skoolterrein voorberei. Vyf dames het elk 'n dag van die week wat hul aan diens is. Die kosblikke word voor eerste pouse vir die betrokke onderwyser gegee.

Daar is verskillende opsies na aanleiding van die behoefte:
  • n Volledige kosblik met broodjies, 'n vrug en yoghurt wat vir 'n spesifieke leerder gemaak word. Middagete word dan ook aan die leerder verskaf.
  • Klaskosblikke met broodjies
  • Broodjies word daagliks aan Naskool gelewer.
  • Vrugte word 2 maal per week aan Naskool gelewer
  • Vrugte en "ietsie lekkers" 3 maal per week aan Naskool gedurende vakansietye Ons gebruik 25 brode, 80 vrugte en baie smere per week. Die smere kry ons by die SPENS, maar die brood, margarien, vrugte, yoghurt, ham, kaas en plastieksakkies moet weekliks aangekoop word.
Buite-hulp
'n Bybesltudiegroep het tydens die laaste toetsweek die leerders by die Naskool verras met vetkoeke, pasteie en warm sjokolade.

Hoe kan jy help?
Om ons leerders te beskerm, wil ons die groepie wat die kosblikke maak, klein hou. MAAR ons het hulp nodig met die volgende:
  • Skenking van kosblikke en plastieksakkies
  • Skenking van smere en finansiële bydraes vir die ander nodige vars aankope
  • Groepe wat Naskool van tyd tot tyd kan bederf om sodoende hul dag op kikker - veral Vrydae en Vakansietye
VVF Spens Projek:

Vriende van Fairland het 'n eie Spens met nie-bederfbare kruideniersware. Die nie-bederfbare kruidenersware word verskaf aan families in nood. 2 Maal per jaar hou VVF 'n OMGEE-WEEK by skool waar leerders / ouers nie-bederfbare kruideniersware skenk aan die SPENS PROJEK. Elke graad het spesifieke lys van produkte wat hul skooltoe bring.

Dit wat aan einde van jaar oorbly word geskenk aan behoeftige skole of Liefdadigheids organisasies. Die Spens Projek word gedryf deur Louise Mouton (0833216069)

Doel
VVF identifiseer die behoeftige gesinne van leerders wat kan baatvind by die spens projek. Die VVF spens verskaf maandeliks nie- bederfbare kruideniersware aan behoeftige gesinne van leerders by Laerskool Fairland. VVF poog om in die gesinne se basiese behoeftes ten opsigte van voedsel, skoonmaakmiddels en toiletware te voorsien en om sodoende die finansiële las van hul aandelikse uitgawes te verlig.

'n Geskenkbewys word in sekere gevalle verskaf vir bederfbare produkte. Die VVF spens verskaf ok sekere produkte aan ons Yummy projek soos benodig.

Hoe werk dit?
Die skool stel 'n stoorkamer beskikbaar waar kruideniersware gestoor word. Gedurende Mei is die spens gevul deur 'n spesifieke omgeeweek waar leerders bydraes vir die spens gebring het, Die reaksie was oorweldigend en ons het aanvanklike kruideniersware van meer as R15 000 in waarde ontvang! Die leerders het kruideniersware gebring volgens 'n lys wat in die Vinkie verskyn het.

Hierdie lys is vooraf spesfiek opgestel deur die VVF spens na aanleiding van die maandelikse behoeftes van gesinne. Daar is ook heelwat addisionele items ontvang gedurende die omgeeweek. Die spens projek word so bestuur dat behoeftige gesinne van leerders binne 'n spesfiek oedgekeurde maandelikse begroting 'n lys van kruideniersware kan bestel. Die bestellings word aan die einde van elke maand verpak in plastiekhouers en afgelewer aan gesinne deur 'n skakelpersoon. Ons ondersteun tans drie gesinne. Dit is vir die VVF spens uiters belangrik dat die gesinne se identiteit te alle tye vertrouelik bly. Die huidige voorraadvlakke in die VVF spens is voldoende om in die maandelikse kruidenierswarebehoeftes te voorsien.

Indien daar spesifieke produkte kortkom, het die spens tot op datum staatgemaak op ad hoc ydraes deur vrywilligers. Indien die aantal behoeftige gesinne vermeerder of die spens voorraadvlakke dit verlang, mag n verdere omgeeweek in die toekoms beplan word. Voorraad wat ongebruik is aan die einde van die jaar en nie benodig gaan word vorentoe nie, sal geskenk word aan 'n behoeftige skool in die omgewing of aan 'n liefdadigheidsorganisasie.

Hoe kan jy help?
Baie dankie aan die vrywilligers wat reeds help met die maandelikse verpakking en aflewering. Spesfieke voorraaditems moet van tyd tot tyd aangevul word. Die VVF spens se kontakpersone hou 'n spesfieke behoeftelys maandeliks op datum. Meer vrywilligers is altyd welkom om hierdie items aan te vul. Natuurlik is finansiële bydraes ook welkom, spesfiek vir die aankoop van bogenoemde produkte en ook vir die maandelikse geskenkbewyse vir bederfbare produkte. Hierdie finansiële bydraes kan direk in die Vriende van Fairland se rekening inbetaal word.

Ons sukkel soms met klam vloere in die stoor waarskynlik as gevolg van water wat onderdeur die deur inloop wanneer die stoep se vloere buite gewas word. Ons het skade gehad met die toiletpapier en sneesdoekies wat op die vloer gestaan het. Ons sal dit baie waardeer indien iemand dalk kan uithelp met een of twee houtpalette waarop ons produkte kan stoor bo vloeroppervlak.